|
south african bands,bands, band Johannesburg
More on Die Campbells....
Soos julle kan sien het hulle van jongs af al begin.
Harry en Tony het hulle musiektalent van hulle pa,
Harry Campbell (snr) geërf.
Harry Campbell (snr) het saam met baie bekende
orkeste deur die jare opgetree... In 1988 het sy
seuns sy instrumente in die hande gekry en geleer om
dit te speel.
In die hoërskool het die twee aangehou om saam op te
tree en het later bekend geword as Die Campbell
Broers.
Met die speel in kroeë, danse en feeste het hulle
baie gou populêr geword.
Na skool het hulle besluit dat musiek hulle voorland
is, maar tog besef dat 'n geleerdheid net so
belangrik is. Harry het homself as 'n
motorwerktuigkundige en Tony as 'n elektriese
ingenieur gekwalifiseer, maar ons twyfel of hulle
ooit iets anders sal doen as musiek maak!
Die Afrikaanssprekende gemeenskap het die volgende
twee jaar al hoe meer in Die Campbell Broers begin
belangstel en dis toe dat Harry en Tony besef dat
die Suid-Afrikaanse publiek Afrikaanse Langarm -
Sokkie musiek wil hê.

Op hierdie stadium het hulle het meestal vir private
partytjies en besigheidsfunksies gespeel. In 1998
was hulle die gewildste Afrikaanse Langarmsokkie
orkes in die Kaap.
Dit was nou tyd vir hulle om hul vlerke te sprei, en
in 2000 het hulle vir Kosie van Niekerk van Select
Musiek ontmoet en hy het vir hulle 'n kontrak
aangebied. Saam het hulle die toekoms van Harry en
Tony beplan en hulle staan nou bekend as Die
Campbells.
In 2004 het Die Campbells egter weereens nie
teleurgestel nie, en kort voor Kersfees was die
dubbel CD, Daar's Iets Innie Die Water, vrygestel en
dit het in Desember 2006 tripple goud status behaal.
In 2005 stel Die Campbells hulle DVD bekend, "21
Treffers live", hierdie DVD is 'n lewendig opname en
die treffers volg een vir een in 'n vertoning
waaroor baie kunstenaars net kan droom, die DVD het
reeds platinum status bereik en Vonk het die DvD 'n
tokenning gegee vir beste DvD van die jaar.
In November 2006 het die Cd "Vat My Vas" Platinum
status bereik.
DIE CAMPBELLS het tot nou toe 292,000 cd's verkoop,
5 x goud, 5 x platinum, 2 x tripple goud -en
dit maak hulle een van die gewildste kunstennars in
Suid Afrika.
|